Jani & Pieter are tying the knot later this month and before the big day decided to do a morning couple session with an urban feel. We ended up in Newtown with its cool graffiti backdrops – these two make a very gorgeous couple and are super sweet together so it was a really nice session! I’m glad it’s finally the month of November so that the countdown to their wedding day can begin!
Here’s their story (once again leaving this story in the couple’s mother tongue):
“14 Julie 2012, n koud en renerige dag. Jani het dit goed gedink om vir Pieter ‘n surprise party te reel maar niks wil reg loop nie. ‘n Verrassings ete is gereel by The Harvard Cafe vir naaste familie. Jani was maar bietjie hartseer toe die boeties op die laaste nippertjie kanseleer. Pieter en Jani se ouers kon dit darm maak. Min het Jani geweet sy is nie die enigste een met ‘n verrassing nie…..
Almal sit rustig en eet toe die aankondiging skielik kom dat twee gelukkige mense ‘n helikopter rit oor Johannesburg kan wen. Soos mens maar meeste van die tyd met sulke afkondigings maak, lag almal en maak grappies oor wie gaan gaan as iemand van ons nou sou wen. Nie lank daarna kondig hulle af ‘en die wenners is… tafel nommer 8!’ Die ouers was baie gaaf en en het ingestem dat Pieter en Jani die rit kan geniet. Oppad na die helikopter terg Pieter heeltyd en se dat dit die beste geskenk ooit is, maar Jani belowe hoog en laag dat dit nie deel van die verrassing is nie. En so vlieg hulle toe oor die mooie stad van Johannesburg, en net daar, net toe Jani omdraai om vir Pieter die olifante in die dieretuin te wys, glip Pieter n klein swart boksie uit sy baadjie se sak… En skielik was die dag, ten speite van die reen en koue, perfek!”
