MELISSA & STEFAN |helderfontein engagement sessionOctober 14, 2013

posted in Couple Photoshoot, E-shoots

I’m beyond excited about this couple’s wedding! They shared so many spontaneous and silly moments together during their couple session at the picturesque Helderfontein Estate in Fourways, Johannesburg – if this was any prediction of how their wedding day will be, I bet it will be very fun! Melissa and Stefan just mesh so well together.


Here’s their love story (sorry non-Afrikaans speaking folk; I’m posting this story in the couple’s own words in their mother tongue):

“In 2011 was Melissa ‘n 4de jaar Honeurs student op Pukke, Potchefstroom. Sy was ‘single’ en wou net fokus op haar laaste jaar van studies. Haar woonstelmaat op daardie stadium kom van Meyerton en haar kerel was saam met Stefan op skool in Meyerton. Hulle dink dit toe goed om vir Melissa en Stefan aan mekaar voor te stel. Vir n hele ruk het Melissa daarteen baklei, sy wou nie iemand in haar lewe gehad het wat haar aandag van haar studies sou aftrek nie, maar stem toe eindelik in. Sy het n naweek vir haar vriendin in Meyerton gaan kuier met die plan dat hulle vier op n ‘double date’ sal gaan, sodat Melissa vir Stefan kan ontmoet. Die eerste keer toe hy haar sien, het hy haar ‘tannie’ genoem! Sy was in die huis en ver van hom af en hy kon haar nie mooi sien nie. Hy het gedink Melissa was die vriendin se ma. Hy se toe, “Hallo tannie” – sy eerste woorde van hom aan haar… Vandag is dit nog n groot gespot en gelag. Hulle het by n romantiese restaurant gaan uiteet en daarna gaan ten pin bowling speel. Stefan het hard probeer om Melissa te beindruk. Melissa is ‘n ekstrovert en Stefan nie, dit het hom baie beindruk van haar. ‘n Week daarna het hulle gaan kuier in Potch vir n tweede ontmoeting en n poging om mekaar beter te leer ken. Die week na die Potch naweek, die 24ste Maart 2011, het hy Melissa uitgevra buite in die reen met n rooi roos en n teddie beer. Stefan het opgemerk dat Melissa nog ‘old school’ was en het gedink dit sou oullik wees. Dit was baie oulik… Die 10de Augustus 2012 het hulle op haar ouers se plaas in die Noord-Kaap met n piekniek langs n plaasdam, Franse Shampanje met aarbeie en room, verloof geraak. Dit was baie romanties!! Dit was meer as perfek, want Melissa se familie kon na die tyd ook deel aan die feesviering. Vandag is hulle meer verlief op mekaar as in die begin en kan nie wag om ewige trou aan mekaar te belowe nie!”